Destyds, toe die nuus nog vol was van Mandela se aankondiging dat ons nie meer diplomatieke betrekkings met Taiwan gaan hê nie, het ek een keer die dom ding gedoen om met ’n vreemde vrou op die trein na Kaapstad oor politiek te begin stry. Dit was die trein van Wellington af, en die vrou,… Lees verder »
Read the full story »
Die wetenskap kan ons vertel hoeveel planete rondom ’n veraf ster draai en wat 65 miljoen jaar gelede ’n sekere dinosourus se dieet was.
Maar vir sekere vrae, so meen sommige mense, het die wetenskap nie antwoorde nie. Soos:
Hoekom gee Hestertjie altyd aan die begin van eerste pouse vir Juffrou een van die lekkertjies wat sy met haar snotvingertjies uit haar kosblik gegrawe het eerder as om dit self te eet?
Hoekom bak Hendriena een keer per week vir die ouetehuis beskuit?
Hoekom los Hans altyd in ’n restaurant vir die kelner ’n fooitjie, selfs al beplan hy nie om ooit weer daar te eet nie?
Kortom, hoekom doen mense soms mooi dinge wat nie ooglopend in hul eie belang is nie? Hoekom is soveel mense so nice? Lees verder »
Destyds, toe die nuus nog vol was van Mandela se aankondiging dat ons nie meer diplomatieke betrekkings met Taiwan gaan hê nie, het ek een keer die dom ding gedoen om met ’n vreemde vrou op die trein na Kaapstad oor politiek te begin stry. Dit was die trein van Wellington af, en die vrou,… Lees verder »
“Hoekom wil jy al daai tyd daaraan afstaan om navorsing vir jou boeke te doen?” vra die stemmetjies. “Skryf is dalk lekker, maar die navorsing? Dis so vervelig,” sê hulle. “Laat staan eerder die nie-fiksie en begin fiksie skryf. Dan kan jy net stories uitdink en dan hoef jy nie soveel saai ure in biblioteke… Lees verder »
Voorverlede week het ek drie dae afgevat en al die Kerkbodes wat in die 1940’s, 1950’s en 1960’s gepubliseer is, deurgelees as deel van my navorsing vir boek#3. Soos dit maar gaan, let mens allerlei ander interessanthede op wat nie oor jou eintlike navorsing gaan nie.
Ek het vroeër vertel hoe ek in Birma aangekom en later hoe ek by die Chanmyay Yeikhta-klooster in Hmawbi ingeboek het om ’n lewe van stilte, kontemplasie en all around heiligheid te leef, soos my pas. Dit was omtrent 14 dae na my aankoms in die klooster dat ek die eerste keer weer iets in… Lees verder »
So word ek toe vir die tweede keer in my kort lewetjie die skrywer van Popular Mechanics se wenbrief vir die maand. Laaskeer het ek gewen met ’n brief wat ek in reaksie op hul UFO-voorblad in 2009 geskryf het en waarin ek hul storie bietjie verryk het deur hulle oor die geskiedenis van UFO’s… Lees verder »
In Januarie 1972 het Die Huisgenoot hierdie artikel oor die hippies in Nepal geplaas. Die onderskryf by die hoofoto lui: “Sommer ‘n hanetreetjie van Katmandu se polisiekantoor word dagga gerook saam met ‘n sogenaamde Nepalese ‘heilige man’. Die polisie het hulle later wel gevra om te versit, aangesien hulle ‘n ‘slegte indruk’ laat.… Lees verder »
Ek was die laaste drie dae op Stellenbosch waar ek begin navorsing doen het vir die volgende boek wat ek gaan skryf en waarvoor die naam voorlopig is Ruimtewesens het my sperm gesteel. As iemand my sou vra (en niemand het nog nie) hoekom ek my derde boek begin terwyl my tweede boek eers in… Lees verder »